'n Koepel is 'n argitektoniese element soortgelyk aan die hol boonste helfte van 'n sfeer. Die presiese definisie van 'n koepel was 'n kwessie van kontroversie en daar is 'n wye verskeidenheid van vorms en gespesialiseerde terme om dit te beskryf.
'n Koepel kan direk op 'n rotonda-muur rus, of 'n tamboer, of 'n stelsel van trompe of pendentiewwe wat gebruik word om die oorgang in vorm van 'n reghoekige of vierkantige spasie na die ronde of veelhoekige basis van die koepel te akkommodeer. Die koepel se toppunt kan gesluit wees of kan oop wees in die vorm van 'n oculus, wat self met 'n daklantern en koepel bedek kan word.
Koepels het 'n lang argitektoniese afkoms wat terug strek tot in die voorgeskiedenis. Koepels is gebou in antieke Mesopotamië, en is gevind in Persies, Hellenisties, Romeinse, en Chinese argitektuur in die antieke wêreld, asook onder 'n aantal inheemse boutradisies regoor die wêreld. Koepelstrukture was algemeen in albei Bisantynse argitektuur en Sassanidiese argitektuur, wat dié van die res van Europa en Islam beïnvloed het, onderskeidelik, in die Middeleeue. Die koepels van Europese Renaissance argitektuur het in die vroeë moderne tydperk vanaf Italië versprei, terwyl koepels terselfdertyd gereeld in Ottomaanse argitektuur gebruik is. Barok en Neoklassieke argitektuur het inspirasie uit Romeinse koepels geneem.
Vooruitgang in wiskunde, materiale en produksietegnieke het tot nuwe koepeltipes gelei. Koepels is deur die eeue van modder, sneeu, klip, hout, baksteen, beton, metaal, glas en plastiek gebou. Die simboliek wat met koepels geassosieer word, sluit in begrafniskuns, hemelse, en regeringstradisies wat eweneens mettertyd verander het. Die koepels van die moderne wêreld kan gevind word oor godsdienstige geboue, wetgewende kamers, sportstadions en 'n verskeidenheid funksionele strukture.